Wednesday, December 14, 2011

Russiese rommel


Hierdie russiese Mars probe raak toe 'n Aard satelliet:

http://www.space.com/13934-phobos-grunt-mars-moon-mission-failure.html

Gulukkig neem mens versekering uit vir die tipe van gebeure, maar dit bly 'n teleurstelling. Soveel tyd, energie en moeite verniet.

Monday, October 4, 2010

Belangrike aankondiging

Onlangse navorsing toon dat as 'n satelliet iets sou oorkom in die ruimte, dit nie net 'n geval is van "klim op met 'n spanner teen 'n leer en maak die ding reg" nie. Hierdie aankondiging is gemaak deur die ingenieur-spesialis Riaan van den Dool in 'n onlangse nuuskonferensie.

Tuesday, September 28, 2010

Son-steek in die ruimte

Die Galaxy 15 satelliet van Intelsat is waarskynlik deur die son geaffekteer tydens abnormale son-aktwiteit gedurende April. Die 'son-steek' het veroorsaak dat die satelliet se sender nou in die 'aan posisie' vashaak en dit baie geselserig geraak het. Verder luister die satelliet ook nie meer na enige opdragte vanaf Aarde nie. Nou ja, daar is net een plek (eintlik twee) plekke waar so satelliet sal opeindig: een van die twee Lagrange punte wat saamval met die geo-stationere wentelbane. Ons twee groot rommelhope in die plaaslike ruimte waar blykbaar ongeveer 160 satelliete al rondmaal.

Friday, April 2, 2010

SumbandilaSat beelde!


Die eeste SumbandilaSat beelde is nou gepubliseer! Baie geluk aan almal betrokke. Uit die artikel is dit duidelik dat die Sunspace span baie uitdagings beleef en baie innoverend is met hul oplossings! Dit is wonderlik om uiteindelik die beelde te kan sien en ons glo dit spel net goeie dinge vir die toekoms!

Wednesday, March 24, 2010

Voetspore op die maan


Hier is nou bewys vir al die twyfelaars wat se dat die maanlandings nie werklik gebeur het nie. Mens kan tot die voetpaaie sien wat uitgetrap is tussen die verkillende werksareas. Ek wonder waar is hierdie foto le die golfbal wat Alan Shepard afgeslaan het net voor hulle vertrek het? Gegewe die lae aantrekkingskrag het dit seker tot ver buite hierdie beeld getrek. Nou daar is 'n uitdaging vir FlightScope!

Tuesday, March 23, 2010

Nuwe ou lanseer kapasiteit

So die minister kyk nou daarna om die ou lanseerkapasiteit wat deur die vorige regering op solder geplaas is weer af te stof. Die vraag is seker egter hoekom is Suid Afrika gedwing om dit op solder te plaas in die eerste plek? En as die stof afgeblaas is, wat le alles onder daai stof? Het die ruimte arena sodoende verander dat dit nou moontlik sou wees om 'n Suid-Afrikaanse lanseer kapasiteit te akkomodeer? Kom ons hou duim vas; sou nogal handig wees om ons eie rommel in die ruimte in te kan lanseer...